Bandeirantes

Die Bandeirantes monument in São Paulo

Die Bandeirantes was Brasiliaanse koloniale verkenners (letterlik vlagplanters) wat deelgeneem het aan die "Bandeiras" wat ontdekkingstogte en landbesetting (letterlik vlagplanting) in die Brasiliaanse binneland was. Deur hierdie vlagplantingsreise word die klein Portugese gebied, wat begrens was deur die gebied bepaal met die Verdrag van Tordesillas, uitgebrei tot rofweg die huidige Brasilië se grondgebied. Tydens hierdie ontdekkings- en veroweringstogte word ook die binneland se minerale rykdom ontdek, wat bydrae tot Portugal se rykdom in die 17de en 18de eeue.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy